cashkows.com

cashkows.com

Tuesday, 3 July 2012

Finansiële emigrasie



Om te emigreer, beteken nie dat jy jou burgerskap verloor nie. Dis net ‘n formele kennisgewing aan die Suid-Afrikaanse regering dat jy nie meer belastingpligtig is nie.
Daar is baie Suid-Afrikaners wat deesdae in die buiteland woon,salig onbewus van die feit dat hulle ‘n belegging of twee agterlaat het en die geld wettig aan hulle verskuldig is. Is jy een van daardie gelukkige visse?

Onthou jy nog die laaste woorde op jou lang to do-lysie voor jy die land uit is? Mop al die klein goete op. En toe jy hier aanland, is jou nuwe land se lysie so lank dat jy al lankal van die mop vergeet het.

In toeka  se dae was daar ‘n tyskrifrubriek, Vra maar, Anna Malan sal help. Wel ek’s nou nie sy nie maar in die volgende paar uitgawes van Merise gaan ek jou help om uit te vind of jy een van die gelukkiges is wat ‘n vergete neseiertjie het wat na jou verlang. Ek verduidelik ook hoe mense te werk moet gaan om nie te veel kostes aan te gaan, belasting te betaal of enige risiko’s te loop nie.

Het jy geweet dat jou Suid-Afrikaanse uittree-annuïteit nou voor die ouderdom van 55 kan uikeer en oorbetaal? Het jy dalk ‘n opbetaalde annuïteit wat eintlik likied is? Min mense weet dat Suid-Afrikaanse wetgewing in 2008 aangepas is en nou voorsiening daarvoor maak dat jy nou vroeër voordeel uit annuïteitbeleggings kan trek.

Die meesete migrante is skepties om formeel te emigreer, maar dis uit onkunde. Om te emigreer, beteken nie dat jy jou burgerskap verloor nie. Dis net ‘n formele kennisgewing aan die Suid-Afrikaanse regering dat jy nie meer belastingspligtig is nie. Wie wil nou in twee lande aangeslaan word vir belasting?

Daar is heelparty goeie redes om amptelik te emigreer. Maak net seker dat jy die regte advies kry wat spesifiek betrekking het op jou situasie, byvoorbeeld:

Erfporsies: Dit is ‘n bron van inkomste waarna ‘n mens nie regtig uitsien of waarop jy staatmaak nie, want dit hou verband met die verlies van dierbares en geliefdes. Dit is egter sinvol om jou belastingstatus agtermekaar te kry om die onaangename realiteit van boedelbelasting en beredderingskostes te vermy. Dan praat ons nie eens van die ergerlikheid van die onvermydelike valutabeheer en burokratiese frustrasie nie. Dit is belangrik om jou sake vroegtyding in orde te kry en sodoende die moontlikheid van ‘n ‘bevrore erfporsie’ en onnodige belastingverpligting te voorkom.

Boedelbeplanning is ‘n voël van ander vere- vir sowel die testateur as die bevoordeeldes wat ‘buite die landsgrense’ woon. Hierdie is ‘n dissipline op sy eie wat ek in ‘n latere uitgawe sal uitklaar. Dink intussen solank aan jou eie situasie, sonder ‘n gewete-eerder uit respek vir die testateur se laaste wense.

Dis nou maar net so dat ‘n lewensdekking in Suide-Afrika baie meer kos as in Australië en sommer ‘n groot hap uit jou rande vat. My voorstel? Maak ‘n punt daarvan om professionele advies te kry. Dit is in jou eie belang.

Stof tot nadenke: Jou Australiese testament het geen invloed of beheer oor jou Suid-Afrikaanse bates nie. Die eenvoudige oplossing? ‘n Testament vir elke land. Pas egter op vir die boedelbelastingstrik! Jou opsies? Onthou, ‘n Australiese boedel betaal nie boedelbelasting nie en bied geweldige kostebesparings. Die inherente voordele vir ergename is eindeloos – vanuit ‘n finasiële sowel as ’n emosionele perspektief.

PPS-lede (Professional provident Society) moet twee keer dink voordat hulle hul dekking en beleggings kanselleer, want daar is die kwessie van surplusverdelings. So ‘n kansellasie kan groot verliese vir jou en jou familie inhou. Die oplossing? Kry professionele advies rakende jou spesifieke situasie.

‘n Vorige werkgewer kon persioenfonds-surplusuitbetalings aan jou gemagtig het, maar hoe sou jy dit weet? Vroeër jare het werkgewers die reg voorbehou om hul bydrae terug te hou indien jy voor aftrede sou bedank. Wetgewing maak dit nou verpligtend vir surpluses om terugwerkend uitbetaal te word, selfs al is jy nie meer in diens nie. In ‘n volgende uitgawe sal ons gesels oor die versekeringsmaatskappye wat moontlik geld verskuldig is aan jou.

Die laaste woord: Moet nooit finasiële besluite neem sonder om ‘n professionele persoon te raadplaag nie. Daar is eenvoudig te veel  op die spel en niemand wil finansiële verliese ly nie.
Vir gratis professionele advies en ‘n relevante oorsig van jou spesifieke posisie, kontak

No comments:

Post a Comment