cashkows.com

cashkows.com

Thursday, 1 December 2011

Die vlug na Sydney

Ja, die kinders het gevlug… party vir die politiek, party vir die misdaad en party net van die besige lewe… Jy kan nie jou lewenstyl verander waar jy is nie, nee, te veel verwagtinge, te veel sekuriteit, te veel gemak… nee, as jy wil verander aan jou lewenstyl moet jy jouself regmaak vir ‘n “total make-over”. Hello Sydney! My nuwe begin, my nuwe lewe!

Maar hierdie gaan nie oor die vlugtelinge nie, nee, hierdie is vlug SA7700 (operated by Quantas) Dit is ongelooflik om net te sit en kyk na almal op hierdie vlug. Ons vlieg natuurlik ekonomiese klas, Jy herken die karrakters… die ouens met die “JEEP” hemde is die “khaki brigade” van 10 jaar gelede… stoere boere.. sing Nkosi in Afrikaans….

Dan is daar die lot op LSD.. nee, nie op wit poeier of pille nie… Look, See, Decide. Jip, hulle is die lot wat giggel oor alles… wat “The Australian” lees … en met almal op die vlug gesels, soek redes hoekom AUZ en redes hoekom nie meer uit die “Blou van onse berge” nie…
Ek geniet die “babyboomers” die meeste. As hulle kinders nie na Sydney “gevlug” het nie, sou hulle sekerlik nooit op enige ander plek vakansie gaan hou het as Badplaas of Chipees nie… Ook hulle is in twee kategoriee… Die op hulle eerste vlug na die verre vreemde… hulle geld is stewig om hulle middel in “a money belt”, doen al die oefeninge soos voorgeskryf om swelling te voorkom en hulle nuwe “gemaklike” klere pas nie by hulle onseker gesigte nie… Dan is daar die “frequent flyers” – die oueres van dae wat vir ‘n tweede of derde keer vir die kinders gaan kuier… deel graag raad uit, vol self versekering en ondersteuning, maar vol verwagting om die kinders en kleinkinders weer te sien.. oupa en ouma kom kuier!

Die tranerige families of die rooi dikgehuilde oe is die nuwe emmigrante, vir die eerste keer op pad na die vreemde, en moes nou net finaal van die familie en vriende afskeid neem. Emmigrasie is nie maklik nie, ten spyte van die nuwe avontuur wat voorle moet jy die emmosionele bagasie van die afskeid met jou saamdra.

Daar is net een swart person op die vlug, en hy sit langs my… Ek kan my nuuskierigheid nie meer inhou nie en vra waar kom hy vandaan… Zimbabwe! ( Die buurland wat meeste van die Suid Afrikaanse emmigrante se grootste rede vir emmigrasie is) Ek assosieer hom sommer met sy president en kry so ‘n warm gevoel onder die kraag. “ Nou waarom vlieg jy Sydney toe” wil ek verder weet… “I’m attending a Deliverance conference, we’re trying to raise money for orphaniges in Zimbabwe” is die skugter antwoord. Sy laptop lyk of hy saam met die man deur die burgeroorlog is. Sy voorlegging begin speel… ek het ‘n knop in my keel…. Kinders bly kinders… honger bly honger. Ek kyk na die gesiggies en besef dat hulle het nerens om heen te vlug nie, daar is nie vir hulle ‘n vlug na Sydney toe om ‘n beter lewe te gaan probeer skep nie, hulle probeer net vandag oorleef.

Ek sit terug, sluit my oë en dank my hemelse Vader vir sy genade vir my… dis al wat ek het…GENADE

www.cashkows.com
See cashkows.com on facebook:
http://www.facebook.com/cashkows

1 comment: